Suider-Paarl Gemeente

Vir Christus, Mekaar en Ander

  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER
  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER

Blog

Suider-Paarl Gemeente > Preek-padkos > 50 Dae van Jubel in gebrokenheid – week 1 #Genade

50 Dae van Jubel in gebrokenheid – week 1 #Genade

Benita Van der MerwePreek-padkosMarch 15, 20180

Ons wil as gemeente vir die volgende 50 dae (van Sondag, 11 Feb – Opstandingsdag, Sondag, 1 April) fokus op ‘n paar dinge wat in Jesus se gedagte was toe Hy in Luk 4: 19 gelowiges oproep om die genadejaar van die Here aan te kondig.

#Genade
Ef 2: 8:  Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.

Dink hierdie week in jou persoonlike stiltetyd of saam met jou gesin of selgroep aan hoe jy genade verstaan, wat Jesus bedoel as Hy vra ons moet genade betoon, en dalk waar jy/julle prakties genade kan gaan gee.

Woensdag vier ons Aswoensdag. Aswoensdag is die eintlike begin van Lydenstyd in die kerklike jaar. Lydenstyd is ʼn tyd van voorbereiding vir die viering van Paasfees. Ons kan nie Paasfees, die fees van die opstanding, opreg en met vreugde vier sonder om deeglik kennis te neem van die groot prys wat Jesus betaal het nie. Hy is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. So wanneer ons oor genade dink, dink ons spesifiek ook aan Jesus wat aan die kruis genade kom gee, daarom kan en moet ons rondkyk en die gebrokenheid rondom ons sien, en dan genade verder gaan aangee.

‘n Teksgedeeltes wat ons kan help is Titus 2: 11 – 14:
Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. 12Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, 13terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. 14Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

Kyk gerus na die volgende 2 clips oor genade,  en dink/gesels daaroor:

  • https://www.youtube.com/watch?v=nUQ58RO6ve4
  • https://www.youtube.com/watch?v=EhoFEuw2GPA

Geselsvrae:

  • Hoe verstaan jy Jesus se genade, en hoe het jy dit al in jou lewe ervaar?
  • Waar sien jy is genade rondom jou nodig, en hoe gaan jy dit na mense toe neem?

Lees gerus  die verhaal van die burgermeester van New York in 1935, Fiorello LaGuardia,  wat kom leer presies wat Jesus ons kom leer oor genade. https://bible.org/illustration/mayor-laguardi

Pinkster Preek-padkos 31 Mei 2017

50 Dae van Jubel in Gebrikenheid – week 2 #Oorgawe

Kerkkantoor – ure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 13:00

Nuusbrief aantekening

Stuur jou naam en kontak besonderhede na:

[email protected]

Kontak ons

(021) 863 2700

[email protected]