Suider-Paarl Gemeente

Vir Christus, Mekaar en Ander

  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER
  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER

Blog

Suider-Paarl Gemeente > Preek-padkos > 50 Dae van Jubel in gebrokenheid – week 4 #Vrygewigheid

50 Dae van Jubel in gebrokenheid – week 4 #Vrygewigheid

Benita Van der MerwePreek-padkosMarch 15, 20180

50 dae van Jubel in gebrokenheid

Ons 4de tema: #VRYGEWIGHEID

So hoe pas dit by die Jubeljaar-tema in? Goeie vraag!

Ons lees in Lukas 4 waar Jesus die genadejaar aankondig, dat die mense vrygewig moes wees: hulle moes mense se vryheid, grond en menswaardigheid teruggee! En net die feit dat Jesus hieroor praat, wys dat dit nogal ‘n sensitiewe ding vir die Jode was. Wel, die realiteit in Bybel is suinigheid ‘n siekte van die tyd was. Andy Stanley sê dat die teenmiddel van die siekte vrygewigheid is. Jesus praat meer hieroor as ook gebed, hemel of hel. Omtrent ‘n derde van sy gelykenisse gaan oor hoe ons ons besittings moet aanwend.

Interessant dat geld nie ‘n euwel vir God is nie, maar wel geldgierigheid, en ‘for that matter’ enige-iets wat ons belangriker as God stel ( 1 Tim 6: 10)

Lees gerus 2 Korintiërs 9: 6 – 15. Merk al die dele wat handel oor vrygewigheid, om te gee, hoe om te gee en vir wie om te gee. En kyk na die gevolge en wins wat dit tot gevolg het!!

Kortliks die volgende:

2 Algemene Beginsels oor besittings of dinge in die Bybel:

  • Alles wat ons nog ooit gehad het en ooit sal hê, behoort aan God (vgl Ps 24: 1)
  • God moet belangriker as enige-iets wat jy het, wees. Anders is dit verkeerd. Dit kan geld wees, of ander mense of dinge om my werk….

So, dit wat ek besit of deel maak van my lewe, het ‘n geweldige invloed op die mens se lewe. Daarom wil die Jubeljaar hê ek moet my gedagtes van die begin af reg rig. My ‘mindset’ moet reg wees.

Hoe moet ons dink oor gee? Vers 7 sê dat ons moet gee soos ons in ons hart besluit het. Dit gaan meer hoor verbintenis en hoekom jy gee as oor hoeveel jy gee. Daar is ‘n groot verskil tussen hoe die wêreld en God na ‘gee’ kyk: Die wêreld sê: maak bymekaar, gebruik wat jy nodig het, gee indien jy oor het weg. God sê: Gee eerste vir My, en leef van wat oor is. En vertrou My dat jy sal uitkom met dit wat jy oor het!

Vir die Israeliet in die OT het die beginsel van die ‘eersteling’ gegeld: hulle moes die eerste 10% van hulle koring, vee, inkomste ens. vir God en die tempeldiens gee. Dit is ook hoe God oor gee gedink het toe Hy sy Seun, Jesus as eersteling (1Kor 15) gegee het. Stephan Joubert noem dat die beginsel nie ‘n 10de moet wees nie, dit is ‘n manier om by die punt uit te kom dat ALLES aan God behoort. As jy net ‘n 10de gee en niks anders nie, wil jy net die ‘bare minimum’ vir God gee.

Jy het nie geloof nodig as jy eers jou uitgawes wil betaal, en dan van dit wat oor is wil gee nie!!!

God se instruksies:

  • Wees vrygewig (v6) , wie karig saai, sal karig oes; God vra konstante vrygewigheid!
  • Gee blymoedig (v7)

Watter voordele is in vrygewigheid vir my?

  • Goeie opbrengs: v 6 volop saai, volop oes, v 7 altyd genoeg, v10 selfs meer, v 11 selfs ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.
  • Ek kan help met ander se behoeftes ook (v 12)
  • My getuienis maak dat ander ook dankbaar teenoor God is! (v 13)

‘n Paar moeilike vrae. Check jouself:

  • Wat sou gebeur as ek jou vra om jou maandelikse dankoffer vanoggend vir die persoon langs jou te gee, en dan syne in te betaal? Wat sal dit getuig van wat in jou hart aangaan? Hoe gesond sou die kerk se finansies gewees het, as almal gegee het soos jy gee?
  • Hoe gesond sou die kerk gewees het as almal betrokke was soos jy betrokke is?
  • Hoe goed sou dit wat ons vir kinders bied, gewees het as almal diensbaar soos jy was?

Geselsvrae:

  1. Hoekom moet ons vrygewig wees? Wat maak dat dit so moeilik is?
  2. In watter deel van jou lewe is dit vir jou die moeilikste om vrygewig te wees?
  3. Wat is ‘n moontlike eerste stap op die pad na vrygewigheid? Hoe voel jy daaroor om dalk nie ‘n 10de nie, maar ‘n 100ste as eersteling vir God te gee?

“Without a rich heart, wealth is an ugly beggar.” – Ralph Waldo Emerson

50 Dae van Jubel in Gebrokenheid – week 3 #Vergifnis

50 Dae van Jubel in gebrokenheid – week 5#Versoening

Kerkkantoor – ure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 13:00

Nuusbrief aantekening

Stuur jou naam en kontak besonderhede na:

[email protected]

Kontak ons

(021) 863 2700

[email protected]