50 Dae van Jubel in gebrokenheid – week 5#Versoening
50 dae van Jubel in gebrokenheid
Ons 5de tema: #VERSOENING
Die Jubeljaar vra dat ons anders met genade moet omgaan, dat ons moet vergewe, moet vergewe, vrygewig wees, en dan moet versoening ons hoofagenda wees. Versoening kom van die Griekse woord ‘alasso’ wat ‘n handelsterm is en iets beteken soos ‘money exchange’, uitruil ens. Want versoening is ‘n ruiltransaksie waar Jesus sy lewe kom gee het in ruil daarvoor dat ons met die Vader versoen kan word. Dit is die Blye Boodskap. Ons het beweeg van dismarmonie met God na harmonie, en van vyandskap en gebrokenheid na vrede en heelheid.
En ons word in 2 Kor 5: 14 – 21 aangestel as bedienaars van hierdie versoening. Soos ‘n kelner wonderlike kos moet aangee, moet ons die Blye Boodskap van ons wat deur Jesus met die Vader versoen is, vir mense aangee. En dan gaan dit verder en ons herstel ook ander verhoudings, soos met ander mense en met die natuur.
Hoe lyk die proses waar ons met mense versoen word dan? Eers moet jy vergewe, dan moet daar versoening wees en eers dan kan iemand regtig genesing ervaar.
So vergifnis en versoening is nie dieselfde nie, maar deel van dieselfde proses. Waar vergifnis onmiddelik gebeur, lê die toets of dit onvoorwaardelik is daarin of daar oorgegaan word in versoening. Versoening is die herstel van verhoudings, en omdat God ons verhoudingswesens gemaak het, is dit altyd die ultimate doel. God sal nooit vir ons iemand laat vergewe en dan tevrede wees indien ons nie versoen nie.
Natuurlik is dit moeilik! Hoe versoen ek met iemand wat iets verskrikliks aan my gedoen het? Daarom is dit soos ‘n metronoom wat heen en weer swaai en die ritme van die musiek aandui, en sy doel is om die musiek reg voort te bring. So sukkel ons tussen geloof en twyfel, tussen hoop en wanhoop, tussen vergifnis en oordeel. En te midde van ons pogings is die ‘musiek’ die verhoudings wat herstel word. En dit is waarvoor Jesus gekom het: ook ter wille van die versoening van my met my vyande.
En dit is ‘n geloofsdaad omdat ek in geloof die stap neem om God te vertrou. Ek weet nie altyd hoe my versoeningspoging more gaan lyk nie, ek weet nie of die ander persoon ook gaan wil versoen nie, maar ek weet ek moet in die geloof aanhou tot die ander persoon ook wil versoen, want daar is verhoudings op die spel, en dit is God se hart. Hy het sy Seun daarvoor gegee. Ek moet God vertrou dat Hy die God van die verbond, die God van die Bybel is, en dat Hy die versoeningsverhaal bly skryf in my en jou lewe, spesifiek in Lydenstyd waar versoening begin is.
En hierdie Bediening van die versoening is aan ons toevetrou.
Geselsvrae:
- Wat maak dat versoening so moeilik is?
- Met watter mense sukkel jy die meeste om versoenend te leef.
- Wat maak dat ek nie versoening kan uitleef nie?
- Wat is die eerste tree tot versoening wat jy gaan gee?