Suider-Paarl Gemeente

Vir Christus, Mekaar en Ander

  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER
  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER

Blog

Suider-Paarl Gemeente > Preek-padkos > 50 Dae van Jubel in gebrokenheid week 7 #MY KONING

50 Dae van Jubel in gebrokenheid week 7 #MY KONING

Benita Van der MerwePreek-padkosMarch 29, 20180

Die uitdaging vir ons vandag is om vanuit die lydensweek gebeure iets van God se teenwoordigheid in ons lewe raak te sien, vanuit ons gebrokenheid.

Die teks verwysing van ons afgelope Sondag kom vanuit die verhaal van Jesus en Sy intog in Jerusalem. Lukas 19 en Johannes 12.

Ons is baie geneig om vas te hak by die wete dat ons grootliks jubel oor Jesus se intog op die nederige donkie. So kry die ou pak dier ook darem sy “moment of fame” in die mees bekendste boek in die wêreld.

 Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het,

gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom.13.Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en:

“Die Koning van Israel!”

 Tog is daar soveel meer rakende hierdie eerste momente voor Jesus letterlik na sy kruisiging op-pad is.

Die vraag wat ons vir mekaar moet vra is egter, is Jesus ons Koning van die hier en nou…

Kort na die moment waar Jesus deur die mense geloof en geprys word, staan hy stil en kyk af op die dorp voor Hom en begin huil…

Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil

42en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.

 Die Realiteit hier is dat Jesus bewus is daarvan dat die mense vreeslik opgewonde is om Hom daar te hê, want daar is soveel wat hulle uit sy teenwoordigheid kan kry, gesien in die lig dat Jesus nounet blindes genees het, en deur die dorp van Lasarus gekom het ens.

Die vrae om onsself af te vra is:

Is Jesus Volledig Koning van my lewe.. van my Jubel/Joy…?

OF

Hou ons vas aan Jesus as Koning bloot net vir wat Hy gedoen het? Of vir dit wat Hy ook nou reeds doen en nog gaan doen?

  • As dit net vir wat hy gedoen het, is dit maklik om half vooruit te gaan en self bepalend te leef en Jesus in te skakel waar ons dink Hy Pas.
  • Indien ons Hom volledig Koning maak van ons lewe vir die hier, die nou, die gister en môre dan raak ons lewe een wat getuig van die Koning.

Mag hierdie Paastyd ’n tyd wees waar jy en jou gesin geleentheid kry om God te dank vir dit wat hy reeds vir julle gedoen het. Mag dit pertmanent ’n tyd wees om te fokus op dit wat God tans mee besig is en nog wil doen.

Geniet jou tyd saam die Koning wat bereid is om alles te gee vir jou…selfs Sy Seun.

Vrede

Vicus Kruger

50 Dae van Jubel in gebrokenheid – week 6 #Genesing

Musiek vir Erediens

Kerkkantoor – ure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 13:00

Nuusbrief aantekening

Stuur jou naam en kontak besonderhede na:

[email protected]

Kontak ons

(021) 863 2700

[email protected]