About Carel Van Wyk

Preek padkos van 7 Augustus

(‘n Voorbereidingsdiens met die oog op volgende Sondag se Nagmaal)

 Skriflesing: Jesaja 1: 1; 10 – 20

Vuil hande korreleer met vuil siele volgens onlangse navorsing.

Twee navorsers, een van die Universiteit van Toronto en een van die Northwestern Universiteit definieer dit as die “Macbeth Effek” na aanleiding van die beroemde toneel in Shakespeare se drama waar Lady Macbeth met alle geweld net haar hande wou was, nadat sy die koelbloedige moord gepleeg het.

Skuldige gewetes, so wil dit voorkom, soek higiëniese hande, sê die navorsers.

Wanneer mense voel hulle word moreel uitgedaag, voel hulle letterlik asof hulle vuil is.”

Hulle het verskeie eksperimente met kollege-studente gedoen deur die vrywilligers in twee groepe te verdeel.

In die eerste groep is studente gevra om tye in die verlede te herroep waar hulle oneties opgetree het, terwyl die ander groep moes dink aan insidente waar hulle moreel en reg opgetree het.

  • Die eerste groep studente het ook eerder ’n antiseptiese “wet-one” bo ’n potlood gekies toe aan hulle die keuse tussen die twee as geskenk aangebied is.

Zhong en Liljenquist het besef hulle het nie iets nuuts ontdek nie, maar net bevestig wat kulture oor eeue heen al weet. Of jy nou van Beijing of Boston, Kaapstad of Kopenhagen is, dit is nie buitengewoon om ’n persoon wat ’n misdaad gepleeg het te beskryf as iemand wat “vuil hande” het nie!

Om jou hande skoon te was, is ’n tipe psigosomatiese manier om jou siel skoon te was — ’n konsep wat sy wortels het in ’n wye verskeidenheid van geestelike praktyke.

Zhong merk dan op “All of the major religions of the world incorporate physical cleansing at the core of their religious ceremonies. To approach God, you have to cleanse yourself physically.”

Die Bybel gebruik dikwels hierdie beeld van skoonwas as ’n oplossing vir die skuld van sonde alhoewel dit minder te maak het met ’n ritueel en meer te maak het met ’n verandering van gedrag.

Jesaja roep ook gelowiges in hierdie gedeelte vandag op, “Was julle, reinig julle” (Jes. 1:16), want God maak Sy oë toe vir hulle uitgestrekte hande van gebed, want dit is bevlek met bloed! (vs 15)

Dis interessant dat vs 1 noem dat Jesaja opgetree het in die tyd van “onrein” konings soos Ussia (hy het melaats geraak, was onrein om te aanbid), Jotam (wat misluk het om die heidense aanbiddingsplekke te vernietig) en Agas (wat bietjie ge-”Baäl” en selfs moontlik sy seun op ’n brandstapel geoffer het – iets wat teen God se wil was).

Maar die sondes van die volk was nog dieper, daarom word hulle vergelyk met “Sodom en Gomorra”, daardie antieke stede wat vandag nog verbind word aan booshede.

Alhoewel die sondes van hierdie stede dikwels gelyk gestel word aan seksuele sondes en ongasvryheid, het die verwysing hier ’n ander betekenis.

Vir profete soos Esegiël was Sodom se sonde primêr oor hoogmoed en veral om nie na die behoeftes van die armes en behoeftiges om te sien nie. (Esegiël 16:49).

Hoe afkeurenswaardig afgodery ook al vir God was, Jesaja maak die punt dat ongeregtigheid, veral teenoor hulle wat broos in die samelewing staan, selfs ’n groter sonde was.

Jesaja maak dit duidelik dat hulle maar vir hulle sondes kan offer tot hulle blou is, maar solank as wat hulle daagliks ’n gebrek aan liefdespraktyke (van omgee vir die armes, weduwees) wys, wys hulle eintlik ’n gebrek aan berou.

Sulke offerpraktyke en gebede was ’n las vir God, want hulle hande is bevlek met bloed… die bloed van hulle brose naastes teenoor wie hulle ’n gebrek aan naasteliefde het!

The Message vertaal die laaste gedeelte van vers 15 so: “Because you’ve been tearing people to pieces, and your hands are bloody.”

Reg glo word gesien in reg leef… dit word gesien in liefhê soos Jesus!

Dis wat die pragtige my-mond-hang-oop-oor-God-se-onbeskryflike-genade vers 18 vir ons deurgee.

Is daar ’n mooier beeld om God se genade te beskryf:

“Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.”

Sonde se “kleur” is nie soos ons so graag tradisioneel beskryf as swart nie, maar rooi – om ons te herinner aan die bloed van ons naaste wat op ons hande is as gevolg van ons gebrek aan naasteliefde!

Die wonderwerkende genade van God laat dink my aan die storie:

Daar was twee priesters wat ‘n baie ernstige sonde gepleeg het toe hulle in die dorp was. Maar hulle was wys genoeg om nie toe te laat dat die duiwel hulle oortuig om mismoedig te raak nie. Daarom het hulle na die klooster in die woestyn teruggekeer. Daar het hulle dadelik na die Ab Poemen (owerste van klooster) toe gegaan om hulle sondes te bely.

Om hulle na te laat dink oor hulle sonde, het hy vir hulle opdrag gegee om op hulle eie vir ’n maand lank van net brood en water te gaan leef. Daar moes hulle met God praat en hulle skuld aan Hom bely.

Toe die tyd verby was, het die Ab self gegaan om met die twee broers herenig te word. Hy was egter baie verras dat die een nors, mismoedig en bleek daar uitgestap terwyl die ander een vrolik, borrelend en met ’n huppel in sy stap nadergekom het.

“Waaroor het julle gemediteer?” het die Ab gevra. Die hartseer priester het geantwoord: “Ek het gedurig gedink aan die straf wat ek verdien en die geregtigheid van God.”

Die gelukkige priester het weer geantwoord: “Wel, ek het myself die hele tyd herinner aan God se genade en die liefde wat Jesus het vir sy volgelinge wat soms sukkel met sonde.”

Albei is met vreugde weer terug aanvaar in die gemeenskap van gelowiges, maar die Ab het dikwels daarna verwys na die wysheid van die broer wat sy gedagtes gefokus gehou het op die positiewe, vrymakende genade van God. Dit laat jou vinniger opstaan as jy geval het.

Dink hieroor: Berou is die ervaring van jou skuldvergifnis! (En nie die voorwaarde daarvoor nie!)

Skoongewaste lewens word gesien in reg geleefde lewens (vs 17, 19,20)

ʼn Jong paartjie het in nuwe buurt ingetrek. Die volgende môre toe hulle saam ontbyt eet, sien die jongvrou hoe haar buurvrou wasgoed buite ophang. “Die wasgoed is nie baie skoon nie” hak sy af “Sy weet duidelik nie hoe om wasgoed korrek te was nie. Dalk het sy beter wasgoedseep nodig.” Haar man het opgekyk en net stilgebly.

Elke keer as die buurvrou haar wasgoed ophang, het die jong vrou dieselfde opmerkings gemaak. Omtrent so ʼn maand later, is die vrou verbaas om mooi skoon wasgoed op die wasgoeddraad van haar buurvrou te sien en roep na haar man uit: “Kyk, sy het geleer hoe om korrek te was. Ek wonder wie het dit nou vir haar geleer?”

Die man antwoord saggies: “Ek het vanoggend vroeg opgestaan en ons vensters skoongewas!”

Terwyl die was van jou hande vir jou tydelike gevoel van fisiese en morele skoonheid verskaf, bevat ware geestelike reiniging (as die vensters van jou lewe skoongewas is) dat ’n mens aandag gee aan die dinge en mense wat vir God belangrik. Reg glo word gesien in reg leef! Ja, as die vensters van jou lewe skoongewas is deur God se genade, lyk jou naaste skielik soos beeld van God en die objek van jou liefde.

Ware reiniging word gesien dat jy uit jou selfsug van wegkyk beweeg en ’n liefdesoog kry vir die randfigure van die lewe – ’n soos Jesus liefde”.

Egte berou word gesien in reg-leef – die uitleef van vs 17.

Jakobus het hierdie tema van Jesaja ook opgetel: “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.” (Jak 1:27)

Die toets of ons regtig kerk is, kan gesien word in hoe ons hulle behandel wat in die sonsopkoms van hulle lewe is, die kinders; wat in die sonsondergang van hulle lewe is, die bejaardes; en wat in die skaduwees van lewe is – die siekes, armes, die weduwees, die eensames, die gestremdes en ander randfigure.

(Anoniem)

“As jou geloof in Jesus jóú nie verander het nie, moet jy daaraan dink om jou godsdiens te verander” – William Booth. (Stigter van die Heilsleër)

Amen

Preek Padkos

Preek padkos van Sondag 31 Julie 2016

Ons as mense bly dwarsdeur ons lewe soekers!

  • Soekers na geluk, soekers na vrede,
  • Soekers na liefde, Soekers na erkenning
  • soekers na geborgenheid, veiligheid.

Koos du Plessis het gesing ons is “Soekers wat nooit vind”

“En eindelik is almal maar – net kinders van die wind!”

Een van die grootste uitdagings op ons geloofsreis is ons emosionele onvolwassenheid …

  • Ons leef ver van onsself. ( Almost all problems in the spiritual life stem from a lack of self-knowledge –  St. Teresa of Avila)

Heel dikwels, in ons geestelike lewe, is ons onseker oor wie ons WERKLIK is:

  • voor God, en in Christus
  • Verlede Sondag Theo oor ryk jongman – hy vra vir Jesus: Goeie Leermeester, wat moet ek doen om… Jesus draai hom dadelik na God!
  • As jy God in die oog hou, as jy met God rekening hou, word jou skewe lewe en prioriteite reggetrek.
  • Kom ons sê dit negatief: As jy nie met God rekening hou nie, word dit iets dodeliks binne jouself, want jy sluit jouself op in jou eie leefwêreld !
  • Want hier binne in ons, diep hier binne waar niemand kan sien nie, fabriseer ons voortdurend vir ons valse gode. Calvyn het al gesê elkeen van ons is ‘n fabrica idolorum – ‘n afgode-fabriek.
  • Ons produseer dinge, in ons,wat vir ons belangriker word as die een wat ons geskape het.
  • Besittings, beleggings, status, die eer van mense, of ten minste die goedkeuring van mense…
  • Maar ons het hierdie ruimte, amper soos ‘n gat in ons, ‘n leë leegte, wat bly hunker na vervulling…

Daarom sal ons altyd in die kerk vir mekaar moet vra:

    • Op wie is jou lewe gerig? Op wie vertrou jy?
    • Wat is die rede hoekom jy op aarde is?
  • Die belangrikste idee wat jy ooit kan hê…
  • Die heel belangrikste idee wat ooit in jou gedagte en geesteswêreld sal inkom…
  • is die idee van God.

Twee weke gelede het ek hierdie prentjie gebruik om dit te illustreer…Carel preek padkos 31 Julie

  • Baie mense het so ‘n “distorted picture of God” (jou lewe lank het ek en jy ‘n Godsbeeld, en God MOÉT daarin pas!)

Ek wil weer stilstaan:

  • by dieselfde Skriflesing
  • en basies dieselfde waarheid,
  • dieselfde konsep,
  • dieselfde Gods-idee onderstreep vandag.
  • Ek het verwys na ‘n twee dae van stilte en bepeinsing rondom dit wat ek glo vir ons hele Gemeente, en vir elke individuele lidmaat lewensveranderend kan wees.

EN DIT IS:

God wil graag jou vriend wees.

Dink bietjie daaraan: “God created us for the sake of friendship”

Christus het nie gekom om menslike wesens te straf nie.

  • Hy beweeg en reik af na ons, om die dieptes van ons menslike toestand te bereik.

Skriflesing: Johannes 15:13-15“Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.”

I’m no longer calling you servants because servants don’t understand what their master is thinking and planning. No, I’ve named you friends because I’ve let you in on everything I’ve heard from the Father.    (John. 15:15)

 God wil graag jou vriend wees.

Maar ware vriendskap bestaan uit wedersydse liefde en tyd en aandag wat aan mekaar gegee word.

  • Hoeseer ons graag vir God wil ken, ons kan hom alleen maar ken deur ‘n verhouding met Hom aan te gaan.

Die weg om tot hierdie Godsrelasie te kom, is deur die voorbeeld van Christus.

Ons sal net weet hoe brandend van liefde God se hart vir ons klop as ons Jesus se lewe en woorde sodanig bedink en herkou, dat ons die smaak kry vir die godsrelasie wat sý lewe deurtrek!

Paulus praat van die binneste van Jesus , en dan verwys hy nie na ‘n materiële plek nie, maar na dit wat vir Jesus beweeg.

Die mistieke denkers praat van die “binnegaan in die binneste van Jesus” , ‘n uitdrukking van ‘n intimiteitsgebeure.

Om in te gaan in die hart van Jesus, anders gestel, om “binne te gaan in die binneste van Jesus” , is geen chirurgiese ingreep nie, maar ‘n dialogiese gebeure. Ek gesels met Jesus, en Hy gesels met my.

En hoe meer en weer en weer en weer ek met Jesus in gesprek gaan (onthou dis ‘n gesprek!) hoe meer word ons ingetrek in God, en hoe meer word God ingetrek in ons!

Só gesien wys Jesus nie vir ons ‘n leer nie, maar ‘n weg na die Vader.

En dit het alles te doen met ons diepste innerlike bewegings. Die weg van die innerlikheid is allereers ‘n weg van onthegting, losmaak van mense en sake.  

Die sterwe aan onsself en die geestelike proses van geboorte is twee dinamieke wat met mekaar verweef is.

Ons leer God ken, nie as ‘n objek buite ons nie, maar as die liefde van ons bestaan.

Die stryd van lig en duisternis – nie iets BUITE ons nie! (Brei uit)

Ons kan net die stem van God binne ons hoor as ons, ons losmaak, ontheg van alles wat ons aan onsself vasbind.

Dit gaan egter nie net oor ons liefdesbeweging na God toe nie, maar ook oor die goddelike liefdesdinamiek na ons toe. (Dietrich Bonhoeffer het gesê: “Dit neem ‘n leeftyd om aan jouself te sterf” , en ek wil byvoeg: Dit neem ‘n leeftyd om gebore te word!)

In ‘n sekere sin skenk God aan my geboorte met my wedergeboorte, maar ek skenk ook geboorte aan God…

Kom ons sê so:   Hoe meer God gebore word in jou en my, hoe meer vertoon daardie beeld van God, daardie gelykenis na God in my en jou. So word ons waarlik die mens wat God voor oë gehad het in ons skepping.

En hier is nou die ding!!!

Ons eie sorge en angste hou ons nie langer “beset of gevange ” nie, omdat ons in ons wese die aanraking van God se teerheid ervaar.

Ons omvorming in Christus kom nie a.g.v. ‘n groot geloof, eties-korrekte handelinge, of getrouheid aan die Skrif en tradisies nie. Ons word in God omvorm op grond van sý inisiatief, en selfs die feit dat ons, ons daarvan bewus word, is sý vrye gawe.

 God wil graag jou vriend wees!

‘n Absolute wonderlike dag breek in jou lewe aan as jy ontdek dat die oë waarmee jy na God soek en kyk, is dieselfde oë waarmee God na jou kyk…

God wil graag jou vriend wees!

Wil jy dit nie oorweeg om so aan God te begin dink nie?

Amen

Ds. Carel van Wyk

Preek Padkos – 3 April 2016

Tema:  ‘n Pa met twee seuns

Skriflesing: Lukas 15: 1 – 3 en 11 – 32

(Wys eers fotobeelde van die gelykenis)

Die Spaanse stad Madrid is vol seuns met die naam Paco, ‘n verkleinwoord vir die naam Francisco. Daar word vertel van die pa wat na Madrid gekom het en ‘n advertensie in die koerant geplaas het, met die woorde:

PACO, MEET ME AT HOTEL MONTANA, NOON TUESDAY, ALL IS FORGIVEN,

PAPA”.

  • 800 jong mans het opgedaag!
  • Almal wat vergifnis en versoening met hul pa’s gesoek het!

Ons almal ken dit so goed. Daar’s ’n pa met twee seuns.

  • Die jonger een vra sy erfporsie       en gaan weg na ’n ver land, en mors alles op in die naam van plesier.
  • Hy keer terug huis toe, vol berou, en word met ope arms deur sy pa ontvang.
  • Hierdie gul ontvangs gee baie aanstoot aan die ouer broer.

Die meeste geskrifte en preke gaan oor die verlore seun, en dan verwys dit na die jongste seun, wat sy erfporsie gaan uitmors en in sak en as terugkeer na sy pa.

  • Maar dit mis die werklike boodskap en bedoeling van hierdie storie.
  • Wat is die rede waarom Jesus hierdie gelykenis vertel?

Sien, daar is TWEE verlore seuns in die verhaal. In die Ou Vertaling staan nou wel die opskrif: “ Die verlore seun”.

  • Maar selfs Jesus noem dit nie die gelykenis van die verlore seun nie,
  • Hy begin deur te sê:       “’n Man het twee seuns gehad”,
  • en dan gaan die verhaal eintlik meer oor die goeie pa en

oor beide roekelose seuns.

Maar as mens WERKLIK die kern wil verstaan, moet ons nog dieper kyk na die mense rondom Jesus, vir wie Hy hierdie gelykenis vertel.

**In die eerste twee verse van die hoofstuk, sê Lukas, dat daar twee groepe mense was wat na Jesus kom luister het.

Eerstens is daar die tollenaars en sondaars.

  • Hierdie mans en vrouens stem ooreen met die jonger broer.
  • Hulle het betrokke geraak by “wilde lewens”
  • Soos die jonger broer, het hulle die huis verlaat en hulle goeie families. (Dis die tollenaars en sondaars)

Die tweede groep luisteraars wat om Jesus saamkloek, is die Fariseërs en skrifgeleerdes.

  • Hulle kyk heeltyd uit waar Jesus dalk wette gaan oortree, sodat hulle Hom kan aankla.
  • Hulle verteenwoordig die oudste broer in die gelykenis – die dikmond, beswaarde broer.
  • Hulle hou vas aan hul tradisies, bly gewoonlik naby die ouerhuis, hou by hulle opvoeding. Fatsoenlike mense, man, fatsoenlik!
  • Hulle bestudeer die Bybel en is gehoorsaam daaraan.
  • Hulle gaan gereeld kerk toe en bid darem redelik dikwels.

En dis hulle wat beswaard sê: “Hierdie man, Jesus, ontvang sondaars, en eet selfs saam met hulle.”

So, aan wie is hierdie gelykenis gerig?

Dit is gerig aan die tweede groep, die Skrifgeleerdes en Fariseërs. Dit is in reaksie op hulle houding dat Jesus begin om hierdie gelykenis te vertel.

  • Hy gee self die rede: “Kyk, al die jare werk ek soos ’n slaaf vir pa. Nog nooit het ek ’n opdrag van Pa verontagsaam nie”. En vir my het Pa nog nooit eers ’n bokkie gegee nie”
  • Hoekom gaan die ouer broer nie in nie? Hoekom is hy so kwaad? Wat wou die oudste broer hê?
  • Godsdienstige mense, in die sin van selftevrede mense, gaan nie maklik in die koninkryk van God in nie.
  • Die doelwit, die teiken van hierdie gelykenis is nie die uitspattige, goddelose sondaars nie, maar die gesindheid van godsdienstige mense wat meeste van die dinge doen wat die Bybel vra.Liewe vriende,Maar vir gebroke, gestroopte, stukkende, sondige mense wat by Hom pleit om genade, sê God nooit, ooit “nee” nie!
  • Hy wil sy regmatige erfporsie hê
  • As ons mooi dink – hy wou dieselfde ding doen as wat die jongste gedoen het!
  • Hy ook, net soos die jongste seun, wou eerder die Pa se goed gehad het, as die Pa self!
  • Hy is so kwaad, hy begin deur te sê: Kyk!
  • Dit sou ook kon vertaal word met: “Kyk, JY!”
  • Al die jare werk ek soos ’n slaaf vir Pa!
  • “Ek het nog nooit iets verkeerd gedoen aan Pa nie
  • Ek het darem ook regte.

DIE HARTE VAN DIE TWEE BROERS WAS PRESIES DIESELFDE!

Dis die probleem van ’n kerkmens (ouer broer).

  • Jy dink jy kan dan besluit oor wie moet die klere, die ring, die skoene en die kalf kry.
  • Jy is geestelik meerderwaardig.
  • om God in ’n posisie te plaas waar jy dink Hy skuld jou iets.

 Hoewel die oudste seun by die huis gebly het, was hy eintlik verder weg van die Vader as sy broer, omdat hy blind was vir sy eie toestand.

En nog ’n kenmerk van die ouer broer:

    • Daar is nie meer vreugde oor vir ander nie.
    • Die lewe is eintlik vrees-lik.
  • En jy voel: “Al hierdie jare werk ek soos ’n slaaf!

Die een wat by die huis gebly het, het ook ’n verlore mens geword! Hy het elke dag hard gewerk en sy plig gedoen, maar al hoe ongelukkiger en onvry geword. Verlore in sy wrokkigheid en jaloesie! En dit gebeur maklik met kerkmense ook. Aan die een kant kan jy ’n afkeer hê aan mense wat eiesinnig, afstootlik of selfs immoreel is, maar diep in jou hart kan jy hierdie gevoel van afguns hê dat jy nie ook uitgebreek het in die lewe nie.

Ek dink, soos Henri Nouwen skryf, dat ons almal op ’n dag die ouer seun of ouer dogter wat daar in ons skuil, sal moet konfronteer.

En soos die ouer seun, moet ons ook bereid wees dat God ons vind en terugbring, inbring in sy huis in.

  • Solank ek twyfel of ek kosbaar genoeg is om gevind te word,
  • en myself afkraak deur die oortuiging dat ek minder geliefd as my jonger broers en susters is, kan my Vader my nie vind nie.

Wees verseker dwardeur jou hele lewe: God wil jou vind!

Onthou, dis nie ek wat vir God gekies het nie, maar God wat my eerste gekies het. Dit is die groot geheimenis van ons geloof. Ons kies nie vir God nie, God kies ons!

Waar wil ons dit beter verstaan as by die doop van ’n kind?

In alle ewigheid is ons in die skaduwee van sy hand verberg en in sy handpalms gegraveer (Jes. 49: 2 en 16)

  • Voordat enige mens ons aanraak, het God ons gevorm!
  • Voordat enige mens ons aanraak, het God ons gevorm!
  • Waar niemand dit kon sien nie, het die Here ons diep in die aarde gevorm.
  • Voordat enigiemand nog iets oor ons kon besluit, het God ons in die moederskoot… aanmekaargeweef (Psalm 139:15)

Vriende,

Jesus verdeel nie die wêreld in die immorele slegte en morele goeie mense nie!

  • Die Vader gee om vir beide seuns en nooi hulle terug in sy liefde en fees.

Jesus het jonger broers – die vrye geeste met wilde lewens lief, sowel as harde, godsdienstige kerkmense .

Want die gelykenis wys dat selfs die mees morele en godsdienstige mense die genade van God nodig het.

Harde godsdienstige mense / kerkmense kan net so verlore wees!

PACO, MEET ME …

ALL IS FORGIVEN

PAPA”.

Amen…

Preek Padkos – 31 Januarie 2016

 Teks: Johannes 4:1- 26

“Ons luister na Beethoven se Vyfde Simfonie – oor en oor, gespeel deur verskillende orkeste, beide omdat dit altyd dieselfde is en omdat dit altyd verskillend is”.

Vandag gaan ek vir u speel – Johannes 4, maar op ‘n ander manier! (Soos gespeel deur ‘n vroulike teoloog en feminis, Sandra Schneiders) (Luister / lees, en gee terugvoering aan my hoe jy dit ervaar)

Kom ons kyk net eers wie was die Samaritane, anders kan ons hierdie verhaal nie verstaan nie:

Jakob was die Patriarg van die Israeliete.

Gebore 2006 v. C.

12 seuns – 12 stamme van Israel

Verdeel in twee

Die noordelike stamme keer terug na hul Assiriese gevangeneskap. Vestig hul in Samaria.

  • Het wel nog vasgehou aan eerste vyf boeke van Bybel (Pentateug),
  • Wel nog in Jahwe geglo
  • maar in sinkretisme verval! –
  • Vermeng hul Mosaiese godsdiens met afgodiese godsdienste.
  • Jode en Samaritane nie gemeng – Jood definitief nie uit ‘n Samaritaan se beker gedrink nie – onrein!

Nou, terug na die spel / musiek weergawe van Schneiders:

Sy wys vir ons uit:

  • Bybel tekste gewoonlik manlike-gesentreerd, patriargaal (manlike gedomineerd) en seksisties (diskrimineer teen vroue, en onderdrukkend teenoor vroue.
  • Teks dikwels self blind vir vroue in die Israelse en vroeg Christelike gemeenskappe
  • Teks dus nie neutraal, en die interpreteerder nie altyd “objektief”.
      • Vrouens die “verloorders”, word gemarginaliseer, of verklein
      • (Tot onlangs was die meeste eksegete, Bybelse student, onderwysers, predikante en homiliste mans)
      • Tong in die kies – Johannes 4: 12 – Jakob se seuns en diere drink uit put!! Wat van sy dogters? – as hulle nie gedrink het, sou daar baie min seuns gewees het!! (dus onakkuraat vertaal)
      • Die vertaling van “auto” as manlik, terwyl Jesus alleenlik hier met ‘n vrou praat! (vers 14)
      • Die dissipels was verbaas / geskok dat Jesus met ‘n vrou praat (vers 27) en nie dat Hy met ‘n Samaritaan praat nie!
    • Die vrou word sommerso telkens as ‘n slegte vrou uitgebeeld – maar was sy?
      • Sy was ‘n gelowige! (ten minste het sy die tradisie geken!)
        • Vertel van hierdie put! V.12
        • Ons voorouers het op hierdie berg aanbid (v.20)
        • Ek weet dat die Messias kom (v. 25)
        • Sy was ‘n slim vrou – lang gesprek met Jesus – sien dit as godsdienstige gesprek, en selfs teologiese gesprek!
        • Sien haar eerder as ‘n goeie vrou – die eerste sendeling van die Samaritane!! (v. 39)
        • En die dorp se Samaritane erken Jesus as die Verlosser van die wêreld! (v.42)
  • Karakteristiek van die Samaritane se teologie was die Mosaiese-patriargale tradisie, teenoor die Dawidiese-koninklike tradisie van die Jode. Die Jode het die Messias verwag uit die nageslag van Dawid. Volgens die Samaritaanse teologie sou die Messias nie ‘n afstammeling van Dawid wees nie, maar ‘n profeet soos Moses.

Die verhaal wil duidelik maak die gelykheid tussen die Samaritaanse Christene en die Joodse Christene.

    • As Jesus dan die vrou daarop wys dat in die toekoms daar nie op die berg in Jerusalem meer aanbid gaan word nie (dis waar die Jode aanbid), en ook nie op die berg Gerisim nie (dis waar die Samaritane aanbid), maar in Gees en in waarheid sal aanbid, vermoed die vrou sy Messiaanse identiteit (v.21 – 23)
    • Jesus voel aan wat sy aanvoel, en openbaar Hom dan aan die vrou – Hy is die Messias
    • Kragtige woorde: (vir eerste keer in Johannes-evangelie) “Ego Eimi!!” (Verw. Eks. 3: 14)
  • Hierdie gebeurtenis is dus opgeteken om aan te toon Jesus is eintlik die sendeling van God in die wêreld in, met sy diepste honger, nl. Om God se wil te doen (v.34) Om die Nuwe Israel, God se uitverkore volk, te vestig

Sy gebruik ‘n interessante punt! – Kana tot Kana (hfst 2 -4)

  • Jesus se Joodse dissipels begin glo by Kana a.g.v. tekens
  • Weer in Kana – Romeinse offisier – hy as heiden begin glo, en sy hele huishouding
  • Tussenin – die vrou van hfst 4.

(Literêre voorveronderstellings):

  • In die Johannese storie ontmoet Jesus die vrou by die mees beroemde put van almal – Jakob se put in Samaria.
  • Jesus is reeds in Kana (hfst. 2;9 – 10) geïdentifiseer as die ware Bruidegom wat goeie wyn voorsien vir die huweliksfees. Ook deur Johannes die Doper in 3: 27 – 29 as die ware bruidegom aan wie God die Nuwe Israel gee as sy bruid.
  • Ons weet dat Jahwe die bruidegom was van die antieke Israel.

So hier kom nou ‘n nuwe weergawe!:

  • Die 5 mans wat die vrou gehad het, en die een wat sy nou het, is simbolies, eerder as letterlik!
  • Reeds gewys: Ná die terugkeer van die Jode van die noordelike stammeryk, Samaria ook ander gode gedien.
  • Dikwels in Bybel word God se volk voorgestel as God se vrou!
  • Dink aan die treffende metafoor in die profeet Hosea se geval (cf. Hoofstuk 2)
  • Wel, die Samaritane het verval in die aanbid van 5 vreemde gode.
  • Lees 2 Konings 17: 13 – 34
  • En die een wat jy nou het – (dus die man (God) wat jy nou dien, is ook nie joune nie – keer terug!
  • Jesus, die Nuwe Bruidegom, van die Nuwe Israel, die uitverkore volk en vrou van God, (die kerk!) nooi ook weer die Samaritane in tot suiwer aanbidding en navolging in gees en in waarheid!
  • Ons lees selfs dat Jesus vir twee dae daar by hulle gebly het! (vers 40).

Niemand, maar niemand mag uitgesluit word van die universele regering van die Verlosser van die wêreld nie!

Amen

Preek-Padkos – 4 Oktober 2015

Tema: “Laat God jou verander deur jou DENKE te vernuwe” – Rom. 12: 2

Skriflesing:  Romeine 12: 1 en 2

Die enigste konstante vandag is verandering!

Vandag beleef ons veranderinge in: Natuur, Kultuur, Wêreld, Ons land, In jou en my

Dit is die maand Oktober…

  • Lentebloeisels in die lug…
  • Spel verandering

Verandering kan negatief gesien of beleef word – maak bang / onseker / kwaad MAAR:

Verandering kan ook positief gesien word, mense energeer.

Die tendensontleder, Dion Chang, meen dat verandering vir sakeleiers aan die stuur van groot maatskappye vreesaanjaend kan wees. Die grootste stryd wat ondernemings nou ondervind is om relevant te wees. As Chang gevra word wat hy doen, sê hy sy grootste uitdaging is om mense anders te laat dink. Oor die toekoms voorspel hy 8 tendense, waarvan twee is: Digitale verslawing en die ontluiking van robotte, wat reeds tussen ons woon (‘n kitsbank is byv. ‘n robotkassier). Die mensdom nader vinnig ‘n punt waar rekenaars mense met intelligensie sal oortref.

Hoe raak dit ons geloof? Wel, eerstens moet ons seker vra:

Kan God verander?

  • Dan is die antwoord vir seker NEE.

Kan God van plan verander?

  • Dan is die antwoord vir seker JA.

Wil God hê ek en jy moet verander?

  • Dan is die antwoord vir seker JA. ONS Teks verklaar dit!

Nooit kan ‘n Christen sê nie: “Ek het nou in die geloof gearriveer nie.”

God die Gees is altyd besig om jou denke te verander.

Gelowiges moet verander word, of, volgens ’n beter vertaling: hulle laat verander, naamlik deur die Heilige Gees.

  • In Grieks word hier die begrip metamorfose gebruik, gedaanteverwisseling.
  • En die Griekse vorm wat gebruik word dui daarop dat dit hier gaan om ’n voortdurende verandering. Dit duur ’n hele lewe.

Paulus het raad vir ons op geestelike terrein.

Boodskap vertaling: “Laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag”.

Geloof in die drie Persone in een God is fundamenteel vir die Christendom. Die hoeksteen van Christelike antropologie is geneem vanuit Genesis 1:26, waar God sê (in die meervoud): “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld…”. Christene behoort dit te lees as ‘n verklaring dat mense nie net na die beeld van God (imago dei) geskape is nie, maar ook na die beeld van die Triniteit (imago trinitatis). In hierdie sin behoort alle Christelike nadenke Trinitaries, te wees, ten minste by implikasie – Dat God in my woon, nie net deur die Heilige Gees nie, maar ook die Vader en Jesus in my, verdien vernuwende denke!

Vriende, dis Oktobermaand

  • Dis lente, Dis tyd vir verandering in die natuur, In die wêreld, In die kerk, In jou en my. Dit word vir my al duideliker dat Christene voortdurend die opdrag kry in die Bybel om te groei, om te verander, en
  • om God toe te laat om ons denke te vernuwe.

Vir die nuwe tye waarin ons, ons begewe, het dit belangrik geword…

Groete.  Ds. Carel van Wyk

Preek-Padkos – 27 September 2015

Gister se tema by die erediens het gegaan oor God wat ons roep en stuur na mense en plekke toe, soos met die dissipels destyds (vlg Lukas 6: 12 -16 en Lukas 9: 1 – 6). Twee beelde waaroor ons verder gedink het was:

  • ‘n Bootjie: die dissipels het bote geken, en ook Jesus het baie op bote gereis, gepreek, wonders gedoen ens. Bote is ‘n metafoor of simbool van ons lewe: ons hoort nie in ‘n ‘hawe’ of ons gemaksone nie, ons hoort op die see, al is daar golwe! Daarom stuur Jesus ons uit om waar dit soms onveilig voel namens Hom te gaan optree. Die woord ‘apostel’ beteken gestuurde, en dit is ‘n maritime term wat gebruik is wanneer ‘n vloot skepe amptelik uitgestuur is, met ‘n regering se gesag. So word ons uitgestuur as ‘bootjies’ wat soms voel asof ons nie weet waar ons gaan uitkom nie, maar ons weet in Wie se hande ons is!
  • Stof: Jesus sê die dissipels moet die stof van hul voete afskud as hulle teenstand kry. Stof beten doodsheid, alles wat God nie is nie. Die Satan is in Gen 3: 14 beveel om op sy maag te seil en stof tee et. Stof is die simbool van dit wat ons terughou en waar ons soms vashaak om by God se roeping vir ons lewe uit te kom.

Wat was Jesus se oplossing? Bid gereeld, leer lewenslesse uit jou ‘boot’ ervarings, skud die stof af, tree met God se gesag op, leef naby jou roeping!

Daar kom ‘n tyd in jou geestelike lewe, sê Jesus:

  • Besef jy is gestuurde, jy moet beweeg!
  • Doen wat God sê, met jou tyd, met jou finansies, met die gesin wat God aan jou toevertrou
  • Teenspoed gaan kom. Weet dit. Die lewe en mense gaan jou al jou dae gee.

Skud af die stof! Leef en doen waarvoor jy geroep en gekies en gevorm is!

As die Here weer vra: Wie sal ek stuur?

Antwoord dan: Hier is ek Here, stuur my!

Preek-Padkos – 20 September 2015

Ons kyk na twee karakter-eienskappe van God

  • Heiligheid:

Die heiligheid van die Here word telkens in die Bybel beskryf met ‘n VUUR wat verteer, of suiwer WATER wat reinig, of ‘n helder LIG wat die hemelruim vul, en alle duisternis uitskakel en uitsluit.

Habakuk 3: 3-4 – Die hemelruim is vol van God se majesteit, die aarde vol van sy roem. Hy kom met die glans van die lig, weerligte blits uit sy hand, sy hand so vol mag”.

  • Heiligmaking bestaan uit volledige toewyding aan die Heilige Een.
  • In hierdie toewyding is ‘n mens AKTIEF (hy / sy gee hom /haar volledig oor) sowel as PASSIEF (hulle word aangeraak en oorgeneem).

“Mercy” – (Hebreeus: Gesed) – (genade / goedertierenheid / barmhartigheid / loving-kindness):

Die basiese woord “mercy” roep ‘n mentaliteit en soort houding op van:

  • absolute goedheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid, empatie, deernis vir alles wat leef, en ‘n onbeperkte bereidheid om te vergewe.
  • Die vroegste periode van die Christendom word gekenmerk deur deernis en omgee.

Die barmhartigheid, die sagte hart en oog en oor en hand van die Christen is geanker in die barmhartigheid van God:

  • Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. (Matt 5:45)
  • Hy sorg vir die voëls van die hemel en die lelies van die veld (Matt 6:26)
  • Hy is soos die Vader van die verlore seun, wat sy seun van ver af sien aankom en hom innig jammer kry (Luk. 15:20)
  • Engels: He was moved with compassion…”

Hoe bring ons hierdie twee gesindhede van God aarde toe? Hoe maak ons dit prakties?

  • Soos ‘n spyker wat teen ‘n magnet geskuur word – mettertyd word die spyker ook magneties, en kan ysterstukkies uit die grond optel. Mens kan net heilig word, en met die “loving-kindness” leef, ass jy gereeld tyd maak om naby God te wees.

Die deernis en goedheid van God is in oorvloed. Mag Hy ons meer en meer aanraak…

Groete. Ds. Carel van Wyk