Sesde week in Koninkrykstyd

Lees die tekste vir hierdie week: Psalm 48; Markus 6:1-13, 2 Samuel 5:1-5; 2 Korintiërs 12:2-10

Die fokusteks vir hierdie week is Markus 6:1-13:

Die Markusevangelie volg Jesus se bediening en lewe vanaf sy tuisgebied in Galilea tot in Jerusalem waar Hy gekruisig word en uit die dood opstaan. ‘n Sentrale vraag wat Markus stel, is: Wie is Jesus? Regdeur Markus se Evangelie sien ons telkens dat Jesus mense konfronteer en die goeie nuus van God se koninkryk met hulle deel. Alhoewel talle tot geloof kom en Jesus as hulle Verlosser aanneem, is daar ook diegene wat skepties is en ander wat Jesus as die Messias heeltemal verwerp.