Rus in Psalm 138

Lees die week se fokusteks: 1 Samuel 8:4-11 (12-15) 16-20; (11:14-15)

Dink na oor die dag se perspektief

Ander RCL-tekste: Markus 3:20-35; 2 Korinthiers 4:13-5:1

Die volk Israel is nie tevrede om deur God self en deur sy woord, deur sy profete, gelei te word nie. Hulle wil ‘n koning soos al die ander volke hê. Deur sy profeet Samuel waarsku die Here hulle oor wat die negatiewe gevolge gaan wees, maar hulle wíl “soos al die nasies wees”.  As jy al ooit verwerping in ‘n verhouding beleef het, sal jy die stuk rou emosie in die Here se woorde in 1 Samuel 8:7 hoor.