Die leesroostertekste vir hierdie week: Psalm 130, Efesiërs 4:25-5:2, 2 Samuel 18:5-9, 15, 31-33; Johannes 6:35, 41-51

Hierdie week se fokusteks: Efesiërs 4:25-5:2

As jy net oppervlakkig na die vermanings in Efesiërs 4:25-5:2 kyk, en jy vergelyk dit met “goeie deugde”-lysies van ongelowiges, kan jy die fout maak om te dink dis grootliks dieselfde. Delf ‘n bietjie dieper en jy ontdek die motiewe, die redes waarop Paulus gelowiges maan om sekere dinge te doen (of nie te doen nie). Dan besef jy opnuut: Vir gelowiges draai alles om die selfopofferende liefde van God in Chritus.