Hierdie week se tekste:

Psalm 98

Johannes 15:1-7; 1 Korinthiƫrs 15:9-17

Fokusteks: Handelinge 10:44-48

Lukas skryf dat die uiteinde van Petrus se bekering (waaroor hy vroeĆ«r in Handelinge 10 geskryf het) die bekering van Kornelius en sy gesin is, en dat hulle dan die Heilige Gees as gawe ontvang. Dit verras die Joodse gelowiges wat die gebeure aanskou, en dit lei tot Petrus se stelling en vraag: “Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water gedoop word?”(v47).