Tekste vir hierdie week: Psalm 84, Efesiërs 6:10-20, 1 Konings 8: (1, 6, 10-11) 22-30, 41-43, Johannes 6:56-69

Fokusteks vir hierdie week: Efesiërs 6:10-20

Die Efesiërbrief bestaan uit twee aanduibare dele: Efesiërs 1-3 fokus op die verhaal van die evangelie, terwyl die tweede deel (Ef 3-6) uitbrei oor hoe die evangelie elke aspek van gelowiges se lewe verander. Efesiërs lê deurgaans klem daarop dat die evangelie elkeen deel maak van ’n groot maar diverse en globale familie. Efesiërs 6 staan aan die einde van die boek en waarsku lesers teen die bose kragte wat die eenheid van God se familie bedreig. Gelowiges is die ligaam van Christus en ons moet Jesus se eienskappe ons eie maak.