Suider-Paarl Gemeente

Vir Christus, Mekaar en Ander

  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER
  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER

Blog

Suider-Paarl Gemeente > Preek-padkos > Pinkster Preek-padkos 28 Mei 2017

Pinkster Preek-padkos 28 Mei 2017

Theo HayPreek-padkosMay 30, 20170

In ritme met die Gees…

Sondagaand 28 Mei 2017: Om ‘n besliste mens te word

Wat is die werk van die Heilige Gees: Die Heilige Gees kom herrinner jou aan Jesus se lewe. As jy in pas met die Gees kom, gaan jou lewe al meer soos Jesus s’n lyk. As ons in pas met die Heilige Gees kom, sal jou lewe al meer soos Jesus s’n lyk: sy liefde, sy gebedslewe, sy genade vir mense. Die Heilige Gees bring dit na jou toe.

  • Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. (Joh 15:26)
  • Die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (Joh 14:26)
  • 13Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

14Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

15Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. (Joh 16:13-15)

 

So hoe het Jesus geleef? Hoe het Hy dit reggekry om sy lewe op ‘n jong ouderdom neer te lê?

Die Kruisiging begin met ‘n besliste besluit. Jesus het doelbewus en beslis besluit om na Jerusalem te gaan. Om te gaan sterf! Hy het dit moontlik gemaak dat mense wat verlore was gered kon word. Deur beslis te wees.

  • Now when the time was almost come for Jesus to be received up [to heaven], He steadfastly and determinedly set His face to go to Jerusalem. Lukas 9:51 Amplified Bible
  • Jesus resolutely set out for Jerusalem. (NIV)
  • …he gathered up his courage and steeled himself for the journey to Jerusalem. (The Message)
  • …he moved steadily onward toward Jerusalem with an iron will. (Living Bible)
  • …Daarom het Hy sy reis na Jerusalem nou in alle erns aangepak. (Die Boodskap)

Jy sal nooit in ritme met die Gees kan wees as jy nie ‘n besliste mens word nie. Dit gebeur nie vanself of gaandeweg nie. Ons groei wel oor ‘n lang tyd. Maar alle seisoene van verandering begin hier, want die Heilige Gees se werk is om dit na my toe te bring. Dit is die groot voorwaarde vir jou verhouding met God. God vergewe sonde, struikeling, swakheid, maar daar is nie een belofte dat God jou help as jy halfhartig is nie. Jy kan nie halfhartig in ritme met die Gees kom nie. Ons moet sê: Here ek wil in ritme met U kom. Enige iets wat ek moet verander in my lewe besluit ek nou om te verander.

Maandagaand: In ritme met die Gees….om ‘n Toekomsmens te word.

Preek-padkos 5 Maart 2017

Pinkster Preek-padkos 29 Mei 2017

Kerkkantoor – ure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 13:00

Nuusbrief aantekening

Stuur jou naam en kontak besonderhede na:

[email protected]

Kontak ons

(021) 863 2700

[email protected]