Suider-Paarl Gemeente

Vir Christus, Mekaar en Ander

  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER
  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER

Blog

Suider-Paarl Gemeente > Preek-padkos > Preek-padkos 12 Februarie 2017

Preek-padkos 12 Februarie 2017

Benita Van der MerwePreek-padkosFebruary 15, 20170

Jy kan net gee wat jy het!!!

Hoekom begin ek op so ‘n vreemde noot?

  • Ons jaartema is – ons wil Jesus / God se lig weerkaats.
  • 2 Kor 3:18 – “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”

Maar wat is ons veronderstel om te weerkaats as ons sê ons weerkaats die Heerlikheid van God?

  • Tog niks anders nie  as die negevoudige vrug van die Heilige Gees wat in ons woon nie (Gal. 5:22)
  • Want die Heilige Gees is die Gees van die Vader en die Gees van die Seun.

So, nou weer:

Jy kan net gee wat jy het!!!

Ons sukkel dus. Dis ‘n groot ambivalensie, ‘n paradoks in ons!

    • Aan die een kant weet ons – ons het die Gees,
    • EN
  • Gal 5:22 – “Die vrug van die Gees…is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing…”
  • Maar aan die ander kant sukkel ons om die Gees se vrug uit te leef!
  • Paulus het ook hiermee gesukkel: hy hierdie voortdurende stryd in hom het van die Gees en die vlees.
  • En wanneer ons toegee aan die vlees, bedroef ons die Heilige Gees…

Eintlik, waarna Paulus verwys is hierdie sondige neiging in ons dat ons natuurlike menswees altyd in ons opspring.

    • Eintlik is dit niks anders nie as ons EGO – wat tog so belangrik raak by tye
    • “The ego hates losing – even to God.” – Richard Rohr
    • Met jou sterk, sondige EGO, kan jy selfs ‘n baie godsdienstige mens wees, sonder ‘n verhouding met God.
  • Hy skryf ook: “Religion is one of the safest places to hide from God.”

So hoe kan/behoort ons dit aan te spreek en teë te werk? (“counter”?)

Kom ons stap saam in die Woord

Lees Skriflesing: Galasiërs 5:16 – 25

In sy brief aan die Galasiërs praat Paulus oor die ou en nuwe lewe van Christene, en watter rol die Heilige Gees in ons lewe behoort te speel:

  • Gal. 5:25 – “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.”

Efesiërs 4:30 – “En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag” (Ons vind hierdie gedagte al in die Ou Tastament, by Jesaja 63:9,10.)

Efesiërs 4:30 – “En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag”

Hierdie stelling verwys na Efes. 1: 13,14 – “Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het…”

Beseël wil sê dat die Heilige Gees van God sy seël op ons afgedruk het.

  • Die beeld van verseëling hou die gedagte van versekering in.
  • Dit was ‘n antieke gebruik dat ‘n hooggeplaaste sy seël op ‘n dokument afgedruk het om dit so te waarmerk.

Hier vervul dit die funksie van ‘n eiendomsmerk.

  • Gemerk as God se besitting.

Efes. 4:23,24 – “Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig”

  • Lewe met hierdie bewustheid van God
  • ‘n Bewuswording (“sensing”) van die Goddelike teenwoordigheid in jou lewe… sensitief wees!

Wanneer die Heilige Gees toegelaat word om al helderder te skyn in mense se alledaagse lewe, word God se teenwoordigheid ‘n gewoonte – ‘n spontane manier van lewe en handel.

Mense wat die Gees van die Here toelaat om deur hul lewens te skyn, vind ook al ruimer maniere om hul spirituele lewens te voed.

  • Dit gebeur nie net in rituele soos aanbidding, sang en Bybellees nie, maar ook in ‘n onbeperkte hoeveelheid aktiwiteite,
  • soos in omgee vir siekes en haweloses,
  • vrywillige werk,
  • deur talente tyd en bronne beskikbaar te stel vir die kerk en gemeenskappe.

Geestelike praktyke is meer as om net ‘n tafelgebed te doen

  • dit kan wees in iets soos die kweek van groente of vrugte,
  • die voorbereiding of eet van voedsel as ‘n spirituele oefening.
  • Ook in kunsvorme soos skilder of beeldhouwerk, kleiwerk, musiek, drame en danse.

Dit gaan oor ‘n mens se totale lewe, en nie net om te skyn of probeer skyn hier in die eredienste nie.

Die moeilikste plek om die heerlikheid van die Here te laat skyn is gewoonlik by die mense die naaste aan jou. Jou gesinslewe, huweliksmaat, bure, jou werksvennote.

Vandag se boodskap is maar net om jou en my te herinner dat die Gees van God, wat lewe gee in alle doodse situasies, in jou en my woon.

Die vraag is of ons dit bewustelik beoefen, en daagliks die Gees vra om ons te vernuwe…

  • Of bly ons by die ego?
  • Want dan het ons niks om te gee nie.
  • En jy kan net gee wat jy het…!

Amen

Ds. Carel van Wyk

Padkos Sondag 4 September 2016

Preek-padkos 5 Maart 2017

Kerkkantoor – ure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 13:00

Nuusbrief aantekening

Stuur jou naam en kontak besonderhede na:

[email protected]

Kontak ons

(021) 863 2700

[email protected]