Suider-Paarl Gemeente

Vir Christus, Mekaar en Ander

  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER
  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER

Blog

Suider-Paarl Gemeente > Preek-padkos > Preek Padkos – 12 Mei 2016

Preek Padkos – 12 Mei 2016

Benita Van der MerwePreek-padkosMay 13, 20160

Pinkster 12 Mei 2016

Tema: God se mense leef in eenheid

Die kerk vandag het groot uitdagings. Dit is nie op politieke vlak nie, want Nero in die vroeë eeue was baie erger as Zuma. Dit is ook nie dat die kerk niks vreemds mag sê nie, want die vroeë kerk het geen vryheid van spraak gehad nie en is daaroor doodgemaak. Ook hulle ekonomie was moeiliker as ons s’n. Waar ons vandag kla oor ons mediese fonds, het hulle nie so iets gehad nie. Wanneer daar hongersnood was, het duisende gesterf. Met ‘n plaas is 1/3 van die bevolking uitgewis.   2 Uitdagings van ons kerk vandag:

  • Ons uitdaging vandag is om die konteks reg te verstaan. Ons verstaan Jesus se woorde en vertellings nie so goed nie. Ons verstaan nie so goed wat met ‘n tollenaar bedoel is nie, ook nie hoe gehaat ‘n Samaritaan vir die Jode was nie. Om kerk te wil wees moet ons die konteks verreken.
  •  Ons ander uitdaging is die klomp mense wat ons is. In die vroeë kerk was die gelowiges baie minder, ook die ander deel van die bevolking. Dit was makliker om die kerk te organiseer. Die uitdaging is om kerk te wees in ‘n tyd waar daar baie mense die kerk so kan kompliseer.  Wanneer Jesus bid dat God se Koninkryk moet kom op aarde soos in die hemel, wil Hy mense kom vrymaak van nog ‘n godsdiens. Sy bedoeling was nooit om ‘n nuwe denkrigting of filosofie of godsdiens te kom verstig nie. Hy wou hê dat gelowiges in ‘n nuwe gemeenskap (community) met mekaar moet tree.

Leonard Sweet sê dat mense in vandag se tyd nie meer deur woorde leer nie, maar deur prentjies te sien. Daarom vertel Jesus so baie stories, want dit skep beelde by mense. Watter prentjie kry jy as jy oor die kerk dink? In Johannes 17: 18-23 kom gee Jesus sy prentjie of sy droom vir die kerk: 18Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; 19en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. 20“Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. 21Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.   Jesus droom dat sy liggaam, die kerk, een sal wees, want dit is ons getuienis, dit sê vir die wêreld dat Jesus se boodskap die waarheid is en Hy navolgenswaardig is. Ons integriteit hang van eenheid af.  Mens kry nie ‘n perfekte kerk nie. Iemand het gesê: If you find a perfect church, don’t join it!   Daar is 2 dinge wat ‘n kerk nie moet wees nie:

  1. Die kerk is nie ‘n sosiale byeenkoms nie:
  • Daar moet iets meer wees, meer ‘n community. Ek moet myself kan wees, ek moet geken kan word en kan ken, ek moet aanvaar en uitgedaag word vir wie ek werklik is.
  • Henry Knouwen sê: meeste van ons leef in ‘n huis van vrees. Ons is bang vir so baie dinge, Christene is boonop nog bang vir God ook. Ons moet beweeg van ‘n huis van vrees na ‘n huis van liefde. Meeste mense voel ‘homeless’, selfs in ‘n groot groep. John Veneer skryf ‘n boek “From brokenness to community” waarin dit beskryf word. Ons almal se diepste behoefte is om nie alleen te wees nie. Community help ons daarmee.
  • Waar almal liefdadigheid kan nastreef (selfs die drankwinkel wat blikkies kos uitdeel), is dit net die kerk wat community kan skep waar ek maar kan sukkel, waar ek kan konflik hê wat kan opbou omdat ons verhouding nie op die spel is nie.
  • Handelinge 2: 44 – 47 skep vir ons ‘n prentjie hoe die kerk moet lyk: 44Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. 45Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.   Die eerste gemeente se lewensstyl was eenvoudig, en eenvoud is net moontlik indien mens in gemeenskap met ander mense is. Jaco vertel van ‘n paar vriende wat so in community met mekaar leef, en besluit het: Hoekom het almal ‘n grassnyer, boor, kettingsaag nodig? Elkeen het iets gekoop, nou gebruik almal dit en dit werk uitstekend!
  1. Die kerk is nie ‘n kliek nie:
  • Die laaste ding wat van Christene gesê mag word, is dat hulle hoogmoedig is. Die Jode was hoogmoedig. Daar was omtrent 20 verskillende groepe onder die Jode, waarvan die Sadduseërs, Fariseërs en Selote maar ‘n paar was. En hulle het nie van mekaar gehou nie. En toe kom die kerk! Jou identiteit het gegaan oor wie jy jou broers en susters noem. Dit was radikaal!
  • Paulus skryf hieroor in Kol 3: 11: Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.As Paulus ‘n rassis was, was ek en jy waarskynlik nie Christene nie. Jesus het juis probleme opgetel oor die mense wat saam met hom rondgehang het. Die vroeë kerk se sterkste getuienis was juis die verskeidenheid mense wat Jesus gevolg het.
  • Ons is seker die land met die meeste vredemakers, maar die minste vrede. Paulus skryf in Gal 3: 28: Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.Die kerk moet wys dat diversiteit nie die grootste probleem is nie, maar ‘n groot seën!
  • Daarom moet ons meer saam eet! Vir sommige mense bereik die Evangelie hulle deur hul ore, vir sommige ander bereik die Evangelie hulle deur hul maag! Moenie net maaltye gee nie. Deel dit met mense!

Amen.

Preek Padkos – 11 Mei 2016

Preek Padkos – 15 Mei 2016

Kerkkantoor – ure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 13:00

Nuusbrief aantekening

Stuur jou naam en kontak besonderhede na:

[email protected]

Kontak ons

(021) 863 2700

[email protected]