Suider-Paarl Gemeente

Vir Christus, Mekaar en Ander

  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER
  • Tuis
  • Leesrooster
  • Aanlyn Kerk
  • SP KIDZ
  • Gebed
  • Kerkbode
  • Kontak Ons
    • Wie is Ons?
    • Bedieninge
    • Graad 1-6
    • @SITKAMER

Blog

Suider-Paarl Gemeente > Preek-padkos > Preek Padkos – 17 April 2016

Preek Padkos – 17 April 2016

Theo HayPreek-padkosApril 20, 20160

Liewe Gemeente

Sondag het ons gehoor dat Jesus Koninkrykstaal met sy volgelinge praat en vir hulle sê:  Matt 6: 19“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

Die bekende skryfer en predikant, Rick Warren, skryf in sy boek The Purpose Driven Life die volgende: Jou lewe het ‘n doel: Ons word voorberei vir die lewe hierna. Hierdie is ‘n leerskool vir hoe dit eendag in die lewe hierna gaan wees. Dit is wat Jesus bedoel as hy sê: “maak nou reeds vir julle skatte bymekaar wat ewigheidswaarde het,” want dit is wat gaan gebeur, wat nodig is in daardie lewe. Wat jy nou het, en waarmee jy jou nou besig hou, gaan betekenis hê in die hemel.

Jou verhouding nou met die Vader gaan iets beteken in die hemel. Daarom kan ons aannneem dat jou verhouding hier op aarde met God gaan impak hê op jou verhouding met God in die ewigheid. Dit is hoekom Jesus hieroor praat. Trouens, ek lees die week dat kerkleier Nicky Gumbel van die Alpha-kursus die volgende skryf:

“Jesus spoke about money more than virtually any other subject (including prayer and heaven). Twelve out of his thirty-eight parables are about money or possessions. As Billy Graham put it, ‘If a person gets their attitude towards money straight, it will help straighten out almost every other area in their life.’

Dus: Vertrou jy die Here? Vertroue is waar ek my besittings en gawes laat ‘vloei’ na waar dit nodig is, en waar God dit wil gebruik. Net soos die Dooie See se water alles doodmaak van al die sout omdat daar nie ‘n uitlaat is nie, beteken wat jy is en het NIKS as daar nie ‘n uitlaat is nie. God se opdrag en belofte aan Abraham was: “Ek gaan jou seën, en jy moet tot seën van al die nasies wees!”

As God daarom vir ons vra om Hom te toets met ons 10de, gaan dit nie om te kyk hoe goed God voorsien of gee of ‘teruggee’ wat ek weggee nie, maar om te wys ek vertrou onverskrokke! Soos iemand skryf: Ek wil so leef dat ek op die dag wat ek sterf my laaste tjek laat hop! Vertroue wys waar jou hart is, want jou skat is daar! Verander jou skat, dan sal jou hart ook verander. Ons dink dit werk andersom: ek moet my hart verander, dan sal ek gee. Jesus: verander eers jou belegging na dinge met Ewigheidswaarde, dan sal jou hart volg! Die Here vra gehoorsaamheid!

Die verhaal van die ryk grondeienaar.

‘n Baie ryk grondeienaar het gereeld langs sy grensdrade van sy grond gaan ry. Dan was hy baie trots oor die rykdom wat hy verwerf het, en dat hy die rykste man in die vrugbare vallei was. By geleentheid het hy by een van sy bywoners gestop, wat onder ‘n boom gesit en bid het, net voor hy middagete sou eet. Hy wou by die bywoner weet wat hy besig is om te doen. Die bywoner het geantwoord dat hy besig was om God te dank vir sy maaltyd. Die grondeienaar het hierop geamuseerd gesê dat as dit al kos is wat hý het om te eet,

sal hy nie lus voel om God te dank daarvoor nie. Die bywoner se antwoord was: “God het my alles gegee wat ek nodig het. Hy doen dit elke dag. Ek sou ook graag my kos met u wou deel. Ek is regtig baie baie dankbaar daarvoor.”

Die bywoner sê toe verder dat hy bly is hy sien die eienaar, want hy het die vorige aand gedroom dat die rykste man in die vallei daardie nag sou sterf! Hy weet nie wát dit beteken nie! Die grondeienaar het verontwaardig gesê dat drome nét drome is! Maar hy het daaroor bly dink…… Hy het sy huisdokter gebel en gevra om hom te kom ondersoek,

en om die aand by hom oor te bly, net vir ingeval…. Die volgende oggend het hy en die dokter lekker saam ‘n groot smaaklike ontbyt geniet, en die dokter is daar weg.

Kort na ontbyt het ‘n boodskapper daar aangekom met die nuus: Die bywoner is die vorige aand in sy slaap oorlede!

Die rykste man in die vallei is toe werklik daardie nag oorlede!

Ons wil mekaar help om in dinge te belê met ewigheidswaarde. Kom ons kyk rond en sien wat die Here wil doen.

Amen…

Preek Padkos – 3 April 2016

Preek Padkos – 8 Mei 2016

Kerkkantoor – ure:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 13:00

Nuusbrief aantekening

Stuur jou naam en kontak besonderhede na:

[email protected]

Kontak ons

(021) 863 2700

[email protected]