Musiek

Die juffrou het altyd gesê ons kan saam sing maar nie saam praat nie! By Suider-Paarl Gemeente is lofprysing en aanbidding meer as net musiek, maar eerder ‘n kultuur. Die span bestaan uit ‘n groep baie bekwame musikante, elkeen met ‘n hart en passie vir God en sy Kerk, en om hul gawes te deel.

Ons dink gereeld nuut en probeer op hoogte bly van dit wat gebeur in die wêreld van kerkmusiek, maar steeds toegewyd te bly aan ons eie kultuur hier in die Gemeente.

Indien jy ‘n passie vir God se musikale hart het en jouself as musikant sien, raak gerus betrokke by ons musiekbediening.