Eredienste

Ons hou 3 eredienste elke Sondag:

In Klapmuts om 09:00, waar die Klapmuts-gemeenskap op ’n eiesoortige manier die Here aanbid, met Kategese wat gedurende die diens aangebied word

In Suider-Paarl:

08:00 Klassieke diens met orrelbegeleiding

09:30 Familie-diens waar gesinne saam kerk toe kom, en die kinders van voorskool tot gr 8 na ’n kindertyd uit beweeg vir kategese, genoem SP Kidz. Die begeleidingsgroep lei die aanbidding tydens hierdie diens.

Sondagaande is daar ’n geleentheid vir Gr 7 – 12 kinders om die Here te aanbid in ’n groot groep en in kleingroepe. Die geleentheid staan bekend as Collide.

Aanlyn boodskap elke Sondag beskikbaar

Ons glo ten diepste dat die boodskap van Jesus aan sy Kerk is dat ons ’n spesiale opdrag het om uit te leef. Ons is die Bruid van Christus, wat moet wys hoe lyk die verhouding tussen Jesus en sy Geliefde!