Eredienswerker

Medewerkers in die koninkryk van ons Here … met ʼn hart vir die Evangelie, ʼn hart vir nood, ʼn hart vir hulp en bystand, ʼn liefdeshart … wat óók op sy eie manier soms in hom-/haarself swaarkry en om midde hierdie buitengewone omstandighede ANDER te troos met dieselfde troos waarmee ons getroos is (2 Kor. 1:4).

Die gemeentebediening diensterrein is verantwoordelik vir die geestelike opbou van lidmate. Sake soos eredienste, Week van gebed, Pinkster, kursusse, kerkraad, gebed en algemene funksionering val onder die diensterrein.

Ons wil graag alle lidmate en mense wat ons gemeente besoek, welkom laat voel by ons en dus het ons ‘n span wat mense verwelkom elke Sondag by die deure. Ons is dan ook sommer die inligtingspunt vir besoekers en/of nuwe intrekkers.

Ons doel is ook om uit te reik na die nuwe mense en hulle tuis te laat voel by die Suider-Paarl familie