Covid-19 Hulp

Sedert die begin van die covid-pandemie het ons gemeente die aanvoeling gehad dat ons ons eie gemeentelede wat op verskeie vlakke geraak word, wil ondersteun. Ons ervaar dat ons nou eers van die gevolge van die afgelope tyd begin sien. Daarom het ons ’n fonds gestig waaruit ons mense met spesifieke behoeftes kan bystaan.

Indien jy wil bydra, of ’n behoefte aan ondersteuning het, kontak ons gerus.