Doop

Die doop is een van die sakramente. Dit is – soos Nagmaal – ’n ritueel of sigbare teken van die Here wat ’n pad met iemand begin loop.

Suider-Paarl Gemeente bedien die doop aan babatjies. Doop is ’n opdrag van Jesus, en ons kyk deur die verbonds-bril, en daarom glo ons ’n verbonds-gesin word gekies om ’n pad met die Here te loop.

Elke eerste Sondag van ’n maand is Doopsondag.

Doopouers moet ten minste ’n maand voor die tyd aanmeld, ’n doopaansoekvorm by die kerkkantoor aanvra en doopkategese (gesprekke oor die doop) wat gereël word, bywoon.

Daar word een keer per maand doopkategese gereël. Hou gerus die aankondigings dop.