Bybelskool

As jy ’n behoefte het om te groei, en jy wil deel wees van ’n veilige, gemaklike groep waar jy net jouself hoef te wees, is dit die plek vir jou.

Ons gebruik ’n video-reeks of ’n Bybelstudieboek, en praat oor wat ons hoor en hoe ons dit deel van ons geloofslewe wil maak. Elke kwartaal het ons ’n nuwe tema vir ons Bybelskool.

Kom kuier elke Woensdag van die kwartaal om 10:00 in die bo-vertrek.