Dankoffers

Baie dankie dat jy bereid is om ‘n bydrae te maak tot die groei en uitbou van ons gemeente se bedieninge en betrokkenheid in die gemeenskap.

Opoffering is een van die dissiplines wat ons help om meer van God se teenwoordigheid te beleef. Daarom is ons finansiële bydraes meer as net geld om maar net dinge aan die loop te hou – dit vorm ons as burgers van God se Koninkryk.

Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.
Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Romeine 12:1

Hoe gee ek my dankoffer?

Maandelikse bydraes (Dankoffers) kan op die volgende maniere gedoen word:

  • Tydens eredienste (Sit gerus die geld in ‘n koevertjie)
  • Tydens kerkkantoor-ure by die kerkkantoor.
  • Elektroniese betaling:
    NGK Suider-Paarl
    ABSA Tak: 632 005
    Tjekrekening: 740 580 132
  • Per debietorder (reël met die Kerkkantoor)
  • Via Snapscan
SP ARTIKEL 18A(1) MAATSKAPPY

Drakenstel Community Development Company NPC is Suider-Paarl Gemeente se Artikel 18A(1) maatskappy wat gebruik word om terug te gee aan die gemeenskap deur projekte te ondersteun vir instansies in nood. ‘n Belasting kwitansie kan uitgereik word vir donasies wat aan hierdie maatskappy geskenk word. Gebruik asb. die volgende bankbesonderhede vir donasies:
ABSA TJEK REKENING: 4062468161
Stuur asb. bewys na [email protected]