Gebed

GEBED IS A REAKSIE OP LIEFDE. JESUS HET ONS EERSTE LIEF GEHAD.

Jesus nooi ons om n verhouding met Hom te hê. In Lukas 5 nooi Jesus Levi (Matteus) uit om Hom te volg en sê vir hom “Volg my!’ Matteus het nie Jesus voor hierdie geken nie, Hy het nie homself soos n dissipel gedra nie. Hy het nie Jesus se koningryk verstaan nie. Maar Jesus kom ontmoet hom waar hy is. Hy sien hom raak en nooi hom in. Jesus sien jou chaos, jou sonde, jou “issues” en dinge. Hy sien jou en sê vir jou nogsteeds VOLG MY!

Daar is Sondae om 09:00 ‘n gebedsgeleentheid vir ons gemeentelede in die Bo-vertrek. Kom bid gerus saam en deel in die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Indien jy enige navrae het of graag wil deel raak, kontak gerus vir Carla Marais: 071 177 9616