Huis Berzelia – HAM

Huis Andrew Murray (HAM), ‘n geloofsgebaseerde Christelike program van Badisa, verskaf daaglikse sorg vir 155 kinders in nood (1-18 jaar oud) wat deur die kinderhof wees gelaat is of uit ouersorg verwyder is.

Huis Berzelia is ‘n dogtershuis van Huis Andrew Murray (HAM) wat 12 dogters huisves tussen 5jaar en 18jaar . Suider-Paarl Gemeente het huis Berzelia as een van ons welsynprojekte aangevat en is deur die tyd betrokke met fondsinsameling, hulp, ondersteuning en omgee.

12 van ons gemeentelede (Vrouens) is mammas vir die dogters. Dit is ‘n buite-mamma wat sorg dat die dogter ‘n geskenkie en partytjie kry op haar verjaarsdag, haar emosioneel ondersteun deur die jaar en liefde en drukkies gee wanneer nodig.

Matrikulant Projek 2022
13 Oktober 2022

Huis Berzelia het ’n Matrikulant dogter wat binnekort ‘n matriekafskeid gaan bywoon. Sy benodig nog ’n paar goedjies:

Rok – Wit/Ivory – Prinses rok
Skoene – Wit met hak
Juweliersware
Handsak – Wit
Blom – Wit roos
Motor
Fotograaf

Die Huis hou ook ’n pre-funksie en benodig die volgende:

Platter/Koeldrank/Dekor

Indien julle belangstel om te help kontak ons gerus:
Adri – 0844740616
Nadia – 0829235301