Kleingroepe

Almal moet iewers bedien word, en moet iewers bedien. Kleingroepe is ’n uitstekende manier om saam met ander jou geloof te beleef. Ons gemeente het ’n paar Omgeegroepe, Bybelstudiegroepe en Manne-/Vrouegroepe wat deur die week  op verskillende tye bymekaarkom. Ons moedig ons hele gemeente aan om in hierdie tyd in groepe in te skakel, of om jou eie een saam met ander te begin.