Manne

Ons gemeente besef dat ons manne dikwels afgeskeep word, of te besig is om by ander geleenthede in te skakel. Daarom het ons ’n paar manne groepe waar ons saam die Here dien, oor manne-dinge praat, mekaar ondersteun en saam groei.

Vrydag-oggende 5:30 – 6:30 is so ’n geleentheid. Ons kyk ’n video en gesels daaroor, iemand deel sy ervaring met Jesus en ons bid saam. En daar is altyd ’n goeie koppie koffie en beskuit. Nooi gerus van julle vriende om te kom kuier.

Elke Vrydag tydens skoolkwartaal om 5:30 in die losie.