Nisse

Aan die Westekant van die kerk is ʼn gedenktuin waar die oorskot van dierbares in nisse in ʼn gedenkmuur gebêre kan word. Dit het marmer stene waarop die besonderhede van die ontslapene aangebring word. Die area het ook ʼn rustige atmosfeer waar naastes kan stil word saam met die oorledenes.

Skakel gerus die kerkkantoor vir die kostes betrokke vir die nisse.