Uitreike

Suider-Paarl Gemeente maak ‘n verskil in die uithoeke van die wêreld!

Raak betrokke by een van die uitreike! Jy hoef nie self te gaan nie, jy kan bydra op baie ander maniere. God gee ons verskillende talente, hier is ‘n geleentheid om dit te gebruik.

Ons reik reeds uit na Botswana (Boesman-sending), Transkei, Oekraïne, Suid-Oos Asië die droogte-geteisterde Karoo, Mbekweni… waar God ons ook al nodig mag hê, wil ons ‘n verskil maak.

Daarmee voer ons Jesus se laaste opdrag aan ons uit!