Vakante Poste

Suider-Paarl Gemeente is ’n gemeente wat deel is van die NG Kerk-verband,  wat geroep is om ’n ruimte  te skep vir gelowiges in en om die Paarl om self Christus se liefde te beleef, en om toegerus en bemagtig te word om dit uit te leef daar waar ons leef of gestuur word.

Die gemeente bestaan uit meer as 2000 belydende en 730 dooplidmate en word tans bedien deur twee voltydse leraars, een deeltyds, sowel as ’n jeugwerker (vir die hoërskoolkinders en jong volwassenes) en ’n kinderkoördineerder (vir die laerskoolkinders), ’n maatskaplike werker en ’n digitale bestuurder.

Suider-Paarl Gemeente het twee kerkgeboue (bedieningspunte), naamlik in Courtrai (net onder die Afrikaanse Taalmonument) en in Klapmuts.

Tans het ons ‘n vakante pos vir ‘n Maatskaplike Werker. Kliek hieronder vir ‘n volledige posbeskrywing

Ons gemeente wil graag die maatskaplike diens wat ons maatskaplike werker al vir baie jare in die gemeenskap van Klapmuts lewer, uitbrei met die aanstelling van ‘n bykomende maatskaplike werker. Dr. Carla Marais se konsultasies in Klapmuts het meer geleenthede blootgelê in die kwesbare gemeenskap en die Gemeenteraad voel geroep om gehoor te gee aan die behoefte. Dit is ‘n baie opwindende geleentheid om betrokke te raak by die werk van die Here onder kwesbare gemeenskappe in Klapmuts en later Paarl. Voldag- of halfdag aanstelling is onderhandelbaar, maar die persoon moet eie vervoer beskikbaar hê. Aansoeke moet gestuur word na [email protected] teen 7 Mei 2025.

Vir enige navrae of om aansoek te doen, kontak gerus vir Madeleine Fourie

(021) 863 2700

[email protected]