Versorging

Elke mens het geestelike versorging nodig. By die eerste gemeente in Handelinge was die versorging van die mede-gelowiges ‘n hoë prioriteit.

So wil ons ook verseker ons lidmate word geestelik, sosiaal en emosioneel versorg. Daarom begelei ons lidmate in die verskillende lewens- fases en -verhoudings om hoop te kry en ‘n lewe van vryheid te leef.

Daar is ‘n groep engele wat mense gaan besoek wat in nood is, dood van naaste ervaar het, versorging nodig het of net geselskap wil hê. Indien jy wil deel raak van hierdie groep, kan jy ons gerus kontak.