Bedieninge

Na aanleiding van Romeine 12: 3 – 13 kan die volgende afgelei word in verband met bedieninge:

  • ‘n Bediening het ‘n span struktuur (verse 3 – 5).
    Laat mense spanne bymekaar kry wat saam bid, droom en die werk kan uitvoer. Niemand bedien alleen nie.
  • ‘n Bediening is op gawes gegrond (verse 6 – 8).
    Die basis van ‘n bediening rus op die feit dat mense bloot hul gawes prakties uitleef.
  • ‘n Bediening is liefde gedrewe (verse 9 – 13).
    Mense beleef liefde in direkte kontak en deur klein bedieninge. Liefde moet deur alle strukture sigbaar word.

Suider-Paarl bied verskeie bedieninge waar jy betrokke kan raak: