Eredienste

Ons hou 4 eredienste elke Sondag:

In Klapmuts om 09:00, waar die Klapmuts-gemeenskap op ’n eiesoortige manier die Here aanbid, met Kategese wat gedurende die diens aangebied word

In Suider-Paarl:

08:00 Klassieke diens met ‘n meer klassieke musiekbediening.

09:30 Familie-diens waar gesinne saam kerk toe kom, en die kinders van voorskool tot Gr.6 na kindertyd uit beweeg vir kategese, genoem
SPKidz. Die begeleidingsgroep lei die aanbidding tydens hierdie diens.

18:00 Aanddiens gemik op die wat jonk van ouderdom of gees is. Informeel en passievol! Na afloop van die Erediens is die COLLIDE Groepe vir ons Gr7-11s, waar hulle saam bietjie verder dink, bid en leer oor Jesus.

Ons aanlyn boodskappe is elke Sondag beskikbaar op die Aanlyn Erediens bladsy onder Eredienste op die webtuiste.