Huwelik

Die huwelik is deur God ingestel toe Hy aan die begin gesê het: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” (Gen 2:18) So het Hy hulle as man en vrou geskep om mekaar as huweliksmaats aan te vul en by te staan. Om so deur die Here verenig te wees is ‘n voorreg, ‘n vreugde en ‘n verantwoordelikheid.

Die huwelik is onverbreeklik. Van die huweliksband sê die Here Jesus: ‘Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.’ Hy leer ons dat dit God se wil is dat die huwelik alleen deur die dood ontbind mag word.

Die Christelike huwelik is meer as ‘n kontrak; dit is ‘n verbondsverhouding. Om hierdie rede sien ons simbole van die verbond wat God met Abraham gemaak het in baie van vandag se Christelike trou tradisies.