Sedert 1 Februarie 2024 het die gemeenteraad ‘n bediening begin vir die Legendes (60jr. +) en dr Danie Malan is aangestel as deeltydse leraar om die lidmate te besoek. Ds. Theo Hay help steeds met die pastoraat, sterwensbegeleiding en behartig die begrafnisse.
Ons wil elke lewende Legende uitnooi om deel te word van al ons aksies. Sommige is verswak en ons vra julle voorbidding. Talle werk steeds en kan net sekere aksies bywoon. Ons wil graag die talle lidmate met hulle wysheid, kennis, lewenservaring en talente uitdaag om betrokke te wees by al die gemeente aksies en om inisiatief te neem om uit te reik na ons gemeenskap. Ons kan steeds ‘n groot rol speel in mekaar en ander se lewe.
As u ‘n behoefte het aan ‘n leraar se besoek, nooi ons u uit om dr Danie te skakel.
Indien daar ‘n sterfgeval is, of sterwensbegeleiding benodig word, kan u ds. Theo skakel.
Vir Christus, mekaar en ander! Kom ons maak dit waar vanjaar!
Indien jy wil betrokke raak by hierdie bediening, kontak ons gerus.
Dr. Danie Malan 082 784 9338
Ds. Theo Hay 083 280 6184
