Versorger

Ons wil graag hê dat elke lidmaat versorgd moet voel. Die dominees kan nie meer soos in die ou dae gereëld by almal uitkom nie. Omdat ons gemeente groot is, wil ons mekaar versorg. Die Bybel praat spesifiek van die weduwees en wees wat versorg moet word, en ons weet van baie ander behoeftes: siek mense, alleen-mense, senior lidmate, hartseer lidmate ens.

Ons wil graag mense volgens hulle gawes gebruik om met hierdie versorging te help.

Ons het ’n besoek-bediening waar ons mense uitnooi en toerus om by ons versorging betrokke te raak